Nuwe Stemme 5

deur Heilna du Plooy & Loftus Marais

Die Nuwe Stemme-reeks is ‘n opwindende projek waarmee Tafelberg-Uitgewers publikasiegeleenthede  skep vir jong digters. Dink maar aan die sukses wat debutante soos Danie Marais, Ronelda Kamfer en Loftus Marais gehad het nadat hulle in Nuwe Stemme gedebuteer het. Vanjaar is daar opnuut bekende én opwindende name waaronder Desmond Painter, Fanie Viljoen en Pieter Odendaal. Die samestellers vir Nuwe Stemme 5 is Heilna du Plooy en Loftus Marais.

Oor die outeur:
Loftus Marais debuteer as student in Nuwe Stemme 3. Sy eerste bundel, Staan in die algemeen nader aan die vensters, verskyn in 2008 en is bekroon met vyf literêre pryse. Heilna du Plooy is hoogleraar aan die Noordwes-Universiteit en het twee bundels op haar kerfstok. Die donker is nooit leeg nie (1997) en In die landskap ingelyf (2003).

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R165-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.