Nuwe Storierak-app vir kinders

Skermskoot van die iPad-app

Skermskoot van die iPad-app

Storierak is ‘n toepassingwinkel met al jou geliefkoosde Afrikaanse kinderboeke, ideaal geskik vir kinders van 2 – 8 jaar oud. Herontdek nou jou gunstelingstories uit Storieman-omnibus 1, en so ook ’n verskeidenheid ander gewilde Afrikaanse stories soos Die lelikste dier in die hele wêreld, Prinses Talia en die draak, Dikkekat en Kollepiet en In ‘n huis in ‘n huis. Elke storie bevat ’n puik voorlesing deur ’n bekende stemkunstenaar. Jou kind kan die storie self lees, of deur die stem begelei word.

Laai nou die toepassing gratis af, en skaf jou eerste boek aan – heeltemal verniet!

Storierak bevat ook ander opwindende bykomstighede:
– Elke storieboek bevat twee soorte speletjies: flitskaarte en legkaarte, met verskillende moeilikheidsgrade
– Jy kan elke boek verpersoonlik: dra die storie op aan jou kind, en plaas sy/haar foto’tjie op die eerste bladsy

Nuwe Afrikaanse kinderboeke sal gereeld bygewerk word. Kom maak dus dikwels ‘n draai by Storierak! Stuur gerus nog voorstelle vir Afrikaanse boeke na [email protected].

Hierdie produk is die eiendom van NB-Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.