Gretha Wiid en Yolandé Edelinksi
Julle is verloof! En droom saam oor die dag wanneer julle uiteindelik man en vrou gaan word. Alles is perfek … totdat julle besef wat alles gedoen moet word en hoeveel dit gaan kos!
Skielik stry julle oor wie genooi moet word en is jy ongelukkig omdat jy nie meer jou droomrok kan kry nie, want liefie sê dit is te duur. Kort voor lank stry julle oor elke aspek van die troue; julle verhouding ly daaronder en jy wonder of dit hoegenaamd die regte besluit was om verloof te raak.
Hierdie boek bevat alles wat julle nodig het om die perfekte troudag én huwelik te verseker.
Skep moed, julle is nie alleen nie!
Gretha Wiid is ʼn kenner as dit by verhoudings kom en berei julle voor vir die getroude lewe: hoe om te kommunikeer, verskille te hanteer, mekaar ruimte te gee en jou identiteit te behou.
Yolandé Edelinksi van Troukoors weet hoe om die perfekte troue in 52 weke te beplan en seker te maak jy het alles betyds gereed: van die perfekte trourok en fotograaf tot die kleinste geskenkies.
Spesifieke week-vir-week-beplanning oor:
- Stel die begroting op
- Kies die beste fotograaf
- Temas en kleurskemas
- Gastelyste en tafelplasings
- Heildronke om in te stel
- Uitnodigings en skryfbehoeftes
Koop nou Die Trouboek by voelgoedwinkel.co.za en spaar 50%.
Uitgegee deur: Carpe Diem Media
Gaan luister gerus na Gretha Wiid se onderhoud met Maroela Media.