Nuwejaarsboodskap: Glo, vertrou op God in 2021

Argieffoto (Foto: Aaron Burden/Unsplash)

Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is. (Rom. 8:28, 1983-vertaling).

In haar jongste boek God is stééds God vertel omroeper en TV-aanbieder Benescke Janse van Rensburg meer as 60 geloofstories deur bekendes, asook gewone mense. Stories oor voorsiening, beskerming, bonatuurlike deurbrake tot genesing en herstel word gedeel met die doel om hoop by lesers te skep.

Sy deel spesiaal ʼn boodskap met Maroela Media-lesers uit dié boek:

“As jy dalk rêrig ʼn rowwe jaar in 2020 beleef het, dan is my gebed dat 2021 vir jou die jaar sal wees waarin jy God sal ontdek en beleef soos nog nooit tevore nie.”

Benescke se Nuwejaarsboodskap herinner lesers dat God steeds God is, steeds almagtig is en dat Hy steeds in staat is om selfs die slegste situasie in iets baie goed om te keer. Kyk hier na haar boodskap:

  • God is stééds God kos R249 en is aanlyn beskikbaar per bestelling. Lees meer oor die boek hier op Maroela Media.
  • Die video en boodskap word in samewerking met die skrywer aangebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.