Nuwejaarsboodskap: Hoop, die kompas van 2021

kompas-natuur-rigting

Argieffoto (Foto: StockSnap/Pixabay)

Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou (Jesaja 41:10).

Toe ek jonk was, was my pa ʼn vlieënier. Soms het ons in hewige storms met donker cumulus-wolke beland. Dit was vreesaanjaend, want jy het nooit geweet hoe jy deur die storms gaan kom nie. Dan het my pa altyd vir ons gesê: “Vertrou die instrumente, nie op my nie.” My pa het op sy opleier vertrou wat ook op die instrumente vertrou het.

Die Bybel leer ons dat hoop die navigeerder, die instrument is wat ons deur die storms van die lewe gaan neem.

Die afgelope jaar het dalk jou naïwiteit weggeneem en ons weet dat 2021 sy eie storms en onheil oor jou pad gaan bring.

Maar ek en jy het ʼn keuse of vrees ons gaan verblind, want dit is wat vrees doen – dit neem jou fokus weg van dit waarin jy glo, behalwe as jy op jou instrumente vertrou.

Dit is ook wat die skrywer in Hebreërs vir ons leer. Op verskeie plekke in dié Bybelboek herinner die skrywer ons dat ons moet vashou aan die Lewensanker, die Instrument en die Een wat voor ons loop.

Mag 2021 vir jou ʼn jaar wees waarin hoop die kompas van jou lewe is en mag dié hoop jou deur die storms van hierdie jaar bring. Kyk hier na Ronell Bezuidenhout se Nuwejaarsboodskap:

  • 40 dae tot hoop, geskryf deur Ronell Bezuidenhout, is deur Lux Verbi, ʼn druknaam van NB-Uitgewers, uitgegee. Lees meer oor die boek hier op Maroela Media.
  • Die video en boodskap word in samewerking met Lux Verbi en die skrywer aangebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.