Nuwejaarsboodskap: ‘Nogtans sal ek jubel’

gelukkige Kinders_stiltetyd.jpg

Argieffoto (Foto: pixabay.com)

In Ivor Swartz, jeugleraar by die NG gemeente in Oosterlig, Pretoria, se spesiale Nuwejaarsboodskap aan Maroela Media-lesers moedig hy mense aan om hulle hoop opnuut in God te stel en ondanks moeilike omstandighede vas te hou aan God as anker.

“Ek wil bid dat jy opnuut sal dink oor jou lewe, oor dit wat jy in 2022 verloor het en agterlaat en oor dit waarna jy uitsien vir volgende jaar en dan sal vra: ‘Waarop kan ek hoop in 2023?’ My hoop is dat jy dan die volgende sal antwoord: ‘Here, my enigste hoop is U’.”

Ivor gebruik een van die teksgedeeltes wat hom besonder na aan die hart is om vir lesers hoop vir die nuwe jaar te gee. Hy verwys na Habakuk 3 en lig die woord “nogtans” uit as die kern van hierdie gedeelte.

“Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder. Die Here my God gee vir my krag. Hy maak my voete soos dié van ʼn ribbok, op hoë plekke laat Hy my veilig loop. Vir die koorleier. Met snarespel.” (Habakuk 3:17-19)

“Skryf die woord ‘nogtans’ groot op jou muur, in jou gebedsboek, ʼn joernaal of waar ook al jy dit gaan sien. Dink daaraan wanneer dit voel of jy dit nie gaan maak nie, want God sal jou nooit in die steek laat nie en daarom kan jy jubel en bly wees in die wete dat Hy by jou is.”

Kyk hier na Ivor Swartz se Nuwejaarsboodskap:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.