Nuwejaarsboodskap: Onthou dié drie waarhede oor God in 2021

Argieffoto (Foto: Gerd Altmann/Pixabay)

En dit is die Here wat voor jou uit trek; Hy sal met jou wees; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie; jy mag nie bevrees of verskrik wees nie (Deuteronomium 31: 8, 1953-vertaling).

Wanneer die hele Bybelverhaal in ag geneem word, is daar drie dinge van God wat altyd waar is: Hy is mét ons, vír ons en vóór ons.

Die laaste een is veral belangrik wanneer ons terugdink aan 2020 en die onsekerheid wat dikwels geheers het.

God het in die ou Testament voor die Israeliete uitgetrek: hy het voor hulle uit beweeg om die pad oop te maak, hy het voor hulle deur die see beweeg en hy het in die vorm van ʼn wolk- en vuurkolom voor sy volk uit gegaan.

Du Plessis fokus in sy Nuwejaarsboodskap daarop dat God altyd teenwoordig is en dat hy voor ons uitbeweeg om die pad gelyk te maak. Kyk hier na sy boodskap:

  • Du Plessis is die skrywer van Boomwortels in die hemel wat deur Lux Verbi, ʼn druknaam van NB-Uitgewers, uitgegee is.
  • Die video en boodskap word in samewerking met Lux Verbi en die skrywer aangebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.