Oe la la, Lulu

deur Fanie Viljoen

Vergeet van wiskunde en skoolwerk!
Lulu wil ‘n modeontwerper word.
Nes haar pa en ma.

Niks maak haar gelukkiger as om fantastiese ontwerpe in haar tekenboek te skets nie. Eendag gaan haar klere nog op die loopplanke van Parys en Milaan pryk – wag maar!

Maar die tweeling Alex en Alet voel vere vir Lulu se ontwerpe en haar toekomsdrome. Hulle spot met haar en laat haar gedurig in die moeilikheid beland. Asof dit nie genoeg nie, gryp ‘n wegholbrak een middag ná skool Lulu se kosbare sketsboek en hardloop daarmee weg. Maar dit is net die begin van ‘n holderstebolder-avontuur met ‘n hondetrourok, ‘n beroemde aktrise en meters en meters van die allermooiste materiaal!

Uitgewer: LAPA uitgewers
Prys: R90-00*
Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.