Oepse daisy

C. Johan Bakkes

Oepse daisy kon net sowel “O bliksem”, “O gits” of “O magtag” gewees het, maar miskien is dit tyd om Juanita du Plessis in plaas van Jack Parow te speel.

So sê Johan Bakkes.

Die maklik begaanbare weë hou vir Johan Bakkes geen aantrekkingskrag nie; nee, vir hom altyd maar die smalle weë wat met bloedsweet gepaardgaan. Dáár waar min ander dit nog gewaag het. Hier is oudergewoonte heerlike, avontuurlustige vertellings oor ver én naby reise, propvol humor, en nooit sonder deernis vir die medemens nie.

Dit gaan hier oor die sielsdinge van reis en verken, veel eerder as die plek en die pad daarheen… Die reis bly die tema, maar die ouderdom maak dat melankolie en nostalgie sy kop uitsteek.

Die titelverhaal dui op een van die skrywer se heel moeilikste reise – om kolonkanker te oorwin. En uiteindelik wys hy ons hy’s nog nie náástenby naby aan “pushing daisies” nie.

Oor die outeur:
Grootword op Saldanhabaai aan die Weskus was verantwoordelik vir Johan Bakkes se liefde vir avontuur, reis en die natuur. Hy is ’n geoktrooieerde rekenmeester en ouditeur van nering, en tans is hy verbonde aan die Universiteit van die Wes-Kaap en iewers in die Paarl woonagtig. En nog steeds is hy op pad. Hy is bekend vir reisbundels soos Moer toe die vreemde in, Nou’s ons in ons donner in, Norrevøk en Samoe(r)sa reis.

Uitgewer: Queillerie
Prys: R170-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.