Okkasies

Francois Ferreira

Okkasies moedig jou aan om van elke maaltyd ’n spesiale geleentheid te maak, al is dit ontbyt, middag- of aandete. Eerder as ontbyt op die gallop eet, middagete agter jou lessenaar of in die motor afsluk.

Behalwe al die liplekker resepte verskaf die boek ook algemene inligting soos spyskaartbeplanning, tafelvoorbereiding, uitnodigings, plasing van gaste, spyskaartterme en kos- en wynkombinasies om te help om van elke maaltyd iets spesiaals te maak. Ontbyt sluit interessante geregte in soos mini-patat-en-preifrittatas, ’n amasi-en-kruiebrood wat perfek bak asook Croque Madame (Franse roosterbrood). Met hoofstukke oor slaai, kaas, vleis, nagereg en eenskottelgeregte is die boek maklik om te gebruik. Daar is ook ’n hoofstuk vir baie spesiale geleenthede met voorbeelde van spyskaarte.

Die boek eindig met vriende se gunstelinge — waarvan Alan Coxon se kaaskoek sekerlik die voortreflike is.

’n Moet vir smulpape en elkeen wat daarvan hou om die lewe te vier.

Oor die outeur
Francois Ferreira, die welbekende kospersoonlikheid en chef, is befaamd vir sy kontemporêre en onkonvensionele benadering tot Suid-Afrika se ryk en uiteenlopende koskultuur. Hy staan aan die hoof van die Eden Hospitality Service and Training Unit in George. Francois verskyn gereeld op Suid-Afrikaanse televisie en neem ook deel aan die Cape Gourmet Festival. Francois is deel van ’n weeklikse radioprogram, Huiskok, Glanskok, wat hy saam met Errieda du Toit op RSG aanbied.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R195,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.