Om die Nguni-vure

Myra Scheepers

Om die Nguni-vure in die heuwels van Zululand vertel Gogo saans die stories van die ou mense en die voorvaders. Van die geeste wat loop in die nag. Sy vertel die verhale van blink oë diep in die donker bosse. Van die slim Berghaas en die skelm Geelmuishond en ook van al die ander diere in die veld wat die aarde met ons deel.Gogo vat van die as uit die vuur en smeer dit op elke kind se kop. “Kom, my kinders, ek sal keer dat die gees van Mzimi nie in julle koppe kom bly nie.Kwasukasukela. Die stories begin hier.”

’n Versameling Zulu-volksverhale – van grappig en ondeund tot groots en grieselrig – soos aan die skrywer vertel deur ’n wye spektrum Zulu-sprekers uit die Vryheid-omgewing. Onontbeerlike leesstof vir elkeen wat hom- of haarself ’n kind van Afrika noem!

Oor die outeur
Myra Scheepers woon op die plaas Bet-el in die distrik Vryheid en vier in Julie 2012 haar tagtigste verjaarsdag. Myra en haar man Adriaan het nog nie afgetree nie – en benewens boekhouer-sekretaresse vir hul besigheid op die dorp, is Myra ook streeksdirekteur vir die skoonheidsmaatskappy Annique (reeds vir 37 jaar). Myra is ma van 4 kinders, ouma van 11 kleinkinders en grootouma van 8 agterkleinkinders. Sy het ’n besonderse bynaam: sy word nie net deur haar kleinkinders nie, maar deur álle kinders wat haar ken, liefdevol Ghokie (’n vervorming van die Zoeloe-woord vir Ouma), genoem.

Uitgewers: Protea
Prys: R140-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.