Omnibus 13

Helene de Kock

’n Omnibus wat twee romans, ’n novelle en ’n paar kortverhale insluit. Soos altyd fokus hierdie gewilde liefdesverhaalskrywer op die verhoudings tussen mense. In ’n Tyd om lief te hê keer Marina Joubert en haar seuntjie uit Griekeland terug na haar geboortedorp in die Vrystaat. Sal die konserwatiewe dorpsmense Marina ooit vergewe vir die fout wat sy jare gelede begaan het?

In Lelie van die Laagte sorg Mia Dijkstra (‘n jong predikant) ten spyte van haar skraps besoldiging vir haar suster, Karien. Dis ’n uitkoms as hulle by hul tante kan gaan bly, maar nou moet Mia as kelnerin in ‘n restaurant werk om haar inkomste aan te vul. En sy moet boonop twee mans leer hanteer.

In die novelle, Die skadubelofte, keer Dokter Pierre Greeff na jare se studie uit die buiteland terug om hom op sy tuisdorp te vestig. Maar dit lyk asof hy heeltemal vergeet het van Madel Marais met die oë van ‘n engel… Die ander twee verhale dra ook albei die De Kock stempel: deernis met die mens, en humor.

Oor die outeur
Helene de Kock is ’n baie bekende en gewilde skrywer van veral liefdesromans. Sy woon in Pretoria. Daar het reeds 12 omnibusse van haar liefdesverhale verskyn. Haar roman, Abel se dogters, het binne enkele maande uitverkoop en moes herdruk word. Sy het ook sedertdien twee langer romans gepubliseer: Dieper water en Somersneeu.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R190,00*
* Prys onderhewig aan verandering
Publikasiedatum: 29 Augustus 2011

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.