Omnibus Storieman-reeks vir 2012 beplan

Baie mense sal die gewilde Storieman-reeks, wat vir die eerste keer in 1984 deur Leon Rousseau van Rubicon-Pers uitgegee is, onthou as ’n wonderlike versameling van 30 storieboeke en kasette.

Dié reeks, gekenmerk deur die vrolike kabouter met die rooi broek, groen baadjie en veerpluimhoed op die voorblad, het die wonderlike wêreld van stories vir duisende Suid-Afrikaanse kinders oopgemaak en ‘n onlosmaaklike deel van hulle grootwordjare en opvoeding gevorm. Mense vandag in hulle 20’s of 30’s raak nou nog kinderlik opgewonde as ‘n mens Storieman noem en verklap dalk selfs dat hulle hul rooi Storieman-tassie en kasette steeds iewers bewaar!

Maya Fowler, die skrywer van die jeugroman ‘As jy ‘n ster sien verskiet‘, erken selfs dat dit Storieman was wat haar geïnspireer het om eendag te begin skryf.

Die Storieman-reeks was ‘n Afrikaanse verwerking van die Britse uitgewer Marshall Cavendish se ‘Storyteller‘. Buiten vertalings van verhale uit die groter skatkis van wêreldliteratuur, het die Afrikaanse reeks ook eg Suid-Afrikaanse stories bevat, soos Van Hunks en sy pyp, Frits Deelman, en die heldedade van Wolraad Woltemade en Racheltjie de Beer.

Die stories is voorgelees deur bekendes soos Sandra Prinsloo, Cobus Rossouw en Verna Vels. Almal sal natuurlik die beroemde ‘pieng’-geluid onthou, wat aangedui het dat dit tyd is om die bladsy om te blaai. So het karakters soos Gobbolino die kat, Timmertak, Raponsie, Pinnochio en Besie ‘n baie spesiale en onuitwisbare plek in menige Afrikaanse kinderharte gevind.

Behalwe vir ‘n beperkte aantal boekies en CDs wat enkele jare gelede beskikbaar gemaak is, is die Storieman-reeks al vir ‘n geruime tyd uit druk.

Maar vir aanhangers is daar goeie nuus: Human&Rousseau (‘n druknaam van NB-Uitgewers), het in samewerking met Leon Rousseau, besluit om in 2012 ‘n heerlike omnibus van die gewildste Storieman-stories uit te gee! Die omnibus sal die oorspronklike illustrasies en klankopnames insluit – presies nes dit nog onthou word.

Hiervoor wil ons egter JOU hulp inroep!

NB-Uitgewers het JOU hulp nodig om die omnibusse saam te stel! Vertel vir hulle wat jou gunsteling Storieman-storie was en hoekom! Jy kan dalk die eerste gelukkige ontvanger wees van die splinternuwe Storieman-omnibus, wanneer dit in 2012 verskyn! Skryf jou voorstel op die muur van hierdie Facebook-bladsy en ‘hou van’ die bladsy. Jy kan NB-Uitgewers se NB-Storieman Facebook-bladsy dophou vir al die nuus en verdere inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Lirita van Tonder ·

Dit was die beste geskenk wat ek nog van my ouers ontvang het. Ek sal baie graag dit vir my eie kinders wil kry aangesien ek nie meer myne het nie en ek dit en my radio geskenk het aan minder bevoregte kinders toe ek hoerskool verlaat het. Ek het elke aand my radio met my kaset aan gesit en daarna geluister toe ek aan die slaap geraak het. Ek het lank na dat ek my rooi tassie weg gegee het nog baie na hom verlang maar het met tyd gewoond geraak sonder hom want ek het dit met n goei doel weg gegee.

Jan-Danie Malan ·

Klink wonderlik sal dit nie wil misloop. my gunsteling was van Hunks en sy pyp.

koot nel ·

Ek is opsoek na die nommers 25-30 en uitlatende boeke nommer 7,10,13,16 en 21 asseblief iemand help, nie net is die boeke bekend en ek wil dit versamel nie maar ek is mal oor die eg afrikaanse stories en lees dit altyd.Van Gobelinno die hekskat na Brolloks en Bittergalm

maryka Fouche ·

Ek is nou getroud en het nog nie kids nie, maar ek kani nie wag om storieman te bestel sodat ek dit reg het vir as die kinders eendag kom nie. ek onthou toe my ma dit nog bestel het toe ons kinders was, ons kon nie wag vir die bruin koevert met die boekie en die tape in nie. my ma het ongelukkig ons storieman vir al die nefies geleen en in die proses het als weg geraak! Een van my gunsteling stories wat ek nog tot vandag toe kan onthou, is van die dogtertjie en die reenboog! (ek kan nie onthou wat is sy naan nie)

Marlene Prinsloo ·

Ek is ook nog een van daardie wat se rooi tassie mooi wegesteek is, ek het darem ‘n volledige stel met tapes maar ek sal definitief vir my kinders oof Storieman aanskaf, dit is waar my liefde vir lees gekweek is. Dankie vir die wonderlike geleentheid wat julle aan ons kinders ook bied, want in vandag se skole gaan hulle ie meer van helde en hheldinne leern ie, maar ek Storieman sal daarvoor sorg. Laat weet asseblief sodra dit beskikbaar is.

ELSIE VAN DER WALT ·

DIE SEUN IS DIE JAAR AL 25 EN NOG STEEDS HET EK NIE DIE HART OM MY ROOI TASSIE MET DIE TAPES EN DIE BOEKE WEG TE MAAK NIE. DIE REEKS IS VIR DIE SEUN GEKOOP,MAAR MA HET MEER DAARNA GELUISTER AS HY. DANKIE AAN AL ONS “OU” KUNSTENAARS WAT DIT VIR ONS SO PRAGTIG VOORGELEES HET. MY GUNSTELING WAS GOBBOLINO DIE KAT. DIE SEUN IS GESTREM SO DUS IS DAAR NIE HOOP VIR KLEIN KINDERS NIE, MAAR MY ROOI TASSIE WEGMAAK -DIT SAL EK OOK NIE MAKLIK NIE.

Annalise Stoumann ·

Dit sal wonderlik wees as hierdie Stories weer kan herleef. Ek is ‘n ouma wat nou my kinders se Storieman kassette wil laat oorsit op cd vir die kleinkinders, maar as daar so iets in die pyplyn is, bëre ek die oorspronklike rooi tassie, boekies en alles net so!

Fransiska Kloppers ·

Wel, daar’s soveel stories om van te kies!!! Maar, ek moet sê, my gunsteling was Gobbolino die kat. Ek kon nie wag vir my volgende boek om te lees wat gebeur volgende nie. Ek sal baie graag vir my kinders ook die Storieman-reeks aanskaf, aangesien dit onskatbare waarde het vir hulle leesvermoë en kan die stories vir lank bybly.

Joanita Jacocs ·

My sussie het meer na storieman geluister, ek was ietwat ouer, maar tog onthou ek vir Gobolino. Ek will egter

liesl ·

Gobbolino was verseker ‘n wenner en dan natuurlik die kaal keiser :) Ek wonder of iemand dalk die soorteglyke reeks ” Die Nuwe Bybel vertel”, ook deur Leon Rousseau uitgegee, beskikbaar het of weet waar ek dit in die hande kan kry? Ek het nou 3 dogtertjies en dit sal so great wees as ek die stories vir hulle kan speel.

Stephen ·

Ek Verkies al die stories….ons kinders is deesdae meer siens as hoor, en gelukkig is my kind darem anders…ek sit vir hom soos RSG….stories op die rekenaar en hy verbeel homself so in ‘n wereld in wat volgens hom heel natuurlik onnatuurlik is….daarvolgens sal ek dit baie waardeer as dit ‘n dvd of cd tenminste sal wees, wat die boeke insluit met prentjies waarvolgens hy kan sien wat aangaan en eintlik waaroor die storie gaan…hy is nou 3 jaar oud, maar op die stadium gaan sy brein nogals groot tekere met als wat vandag gebeur….die Storieman reeks is die beste ooit, en ek as kind sal it glad nie vergeet nie.Ek het op n plaas groot geword waarvan daar meeste keer nie eers TV was nie. My ouers het die gekry en nooit weer terug gekyk nie.Ek wil dieselfde vir my kind doen…Groete

Marelize Sprong ·

Ek het ‘n paar jaar gelede die eerste 8 cd’s vir my kinders (Marco, 7 en Luhann, 4) bestel, en hulle gaan slaap steeds meeste aande met ‘n “Storieman” wat op hulle cd-spelertjies voor hulle beddens speel! Hulle is baie lief daarvoor, en ek wil VERSKRIKLIK graag die res van die reeks ook vir hulle bestel! Ek het self daarmee grootgeword, en onthou nog die meeste stories baie goed! Ek sal ook baie graag die Bybelstories wat destyds beskikbaar was vir hulle wil bestel, want tot vandag toe onthou ek nog hoe “lewendig” dit die Bybelverhale vir ons vier sussies gemaak het!

Sonja ·

Ek was so verbaas toe ek by ‘n vriend hoor dat Storieman weer nuwe lewe gaan kry! Ek was bevoorreg om groot te word met al 30 die Storieman boeke en kasette en was elke keer opgewonde as ons met vakansie kon langpad ry, want dan het ons tyd gehad om lekker Storieman te luister. Ek is self ‘n mamma van 3 kinders. 2 seuns van 3jr en 5jr en een baba dogtertjie. Ek het ‘n jaar gelede hierdie boeke en kasette uit hul bewarings-plek gaan uithaal en dit vir hulle begin gee om na te luister. Daar is min goed wat ‘n mamma se hart so tevrede kan maak as om te sien hoe die gesiggies van jou kinders in opwinding wag vir elke klokkie en storie om aan te gaan nie. Ons woon op ‘n plaas en daarom is die gunsteling stories vir die twee seuns die volgende: (Jakkels en Wolf, Wilhelm Tell, Wolraad Woltemade, Die gestewelde kat en dan ook al die klassieke sprokies verhale; Die drie varkies, Aspoestertjie, Hansie en Grietjie…) Baie dankie dat julle dit vir kinders moontlik maak om hulle eie verbeeldings-wêreld te ontdek met hierdie stories in plaas van die TV wat dit vir hulle doen!

Elize Strydom ·

Ek het Gobbelino die kat verskriklik geniet en n hele aantal mense waarvan ek weet het dit net so geniet, laat weet sodra dit beskikbaar gaan wees op rakke en waar dit orals gaan wees.

Baie Dankie
Elize

Rene du Plessis ·

Kan ons ASSEBLIEF storieman terugkry! Almal van hulle – ek is 32 en onthou meeste van die stories. Dit sal wonderlik wees om vir my eie kindertjies te speel. Sien uit en kani wagnie. Latweet asseblief.
Rene du Plessis

celeste ·

Ek kan nie presies die stories onthou nie, maar ek kan onthou hoe ek voor die kasset speler gesit en luister het en my in die stories ingeleef het. Sommige van die stories het vervolg en dan kan ek nie wag vir my volgende kasset nie. Ek is vandag 35 en het 2 kabouters van my eie en sal graag weer daardie ervaring met hulle wil deel.
Kan ons asb storieman terug kry?? Ek is ook op soek na CJ Langenhoven se stories van Racheltjie de Beer, Wolraad Woltemade ens en kan dit nerens kry nie. Dit is deel van ons Legacy. Waar kan ek dit bekom?

Carin Smith- du Toit ·

Goeie dag.
Waar kan ek Storie-Man nou in die hande kry vir my kindjie?
Groete;
Carin

Rosemay Marx Botha ·

Gobbolino die Heks se kat!!
Wanneer kom die 3de Omnibus uit?
Gaan julle met tyd al die boeke in die omnibusse sit? Ek hoop so.
Baie dankie dat julle dit weer laat print. ek het 10 jaar trug die kassette op CD gesit en altyd gewens dat dit weer uitkom en op CD. Daai tyd was die geld min in my ouer huis en my ouers kon net die 1ste 9 boeke bekostig.

Lientjie ·

Ek onthou my boetie het altyd die storieman geluister en almal in die huis het naderand al die stories uit ons koppe uit geken. My seuntjie word desember gebore en ek het al klaar die eerste twee omnibusse. Ek onthou Wikus de goede en Gobolino die beste van almal. Laat my altyd dink aan my ou kleinboet.

Ronel Groenewald ·

Hi, ek het nog al die boeke van my Storieman toe ek ‘n kind was. Baie is stukkend al en van my kassette is weg. Ek het nou 4 kinders en hul luister ook nou na die kassette wat ek nog het. Wil dit graag op cd kry met nuwe boeke. Daar was so baie stories waaroor ek mal was Gabolino, jakkals ek wolf, liewe heksie … ek was mal oor al die stories.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.