Omnibus Storieman-reeks vir 2012 beplan

Baie mense sal die gewilde Storieman-reeks, wat vir die eerste keer in 1984 deur Leon Rousseau van Rubicon-Pers uitgegee is, onthou as ’n wonderlike versameling van 30 storieboeke en kasette.

Dié reeks, gekenmerk deur die vrolike kabouter met die rooi broek, groen baadjie en veerpluimhoed op die voorblad, het die wonderlike wêreld van stories vir duisende Suid-Afrikaanse kinders oopgemaak en ‘n onlosmaaklike deel van hulle grootwordjare en opvoeding gevorm. Mense vandag in hulle 20’s of 30’s raak nou nog kinderlik opgewonde as ‘n mens Storieman noem en verklap dalk selfs dat hulle hul rooi Storieman-tassie en kasette steeds iewers bewaar!

Maya Fowler, die skrywer van die jeugroman ‘As jy ‘n ster sien verskiet‘, erken selfs dat dit Storieman was wat haar geïnspireer het om eendag te begin skryf.

Die Storieman-reeks was ‘n Afrikaanse verwerking van die Britse uitgewer Marshall Cavendish se ‘Storyteller‘. Buiten vertalings van verhale uit die groter skatkis van wêreldliteratuur, het die Afrikaanse reeks ook eg Suid-Afrikaanse stories bevat, soos Van Hunks en sy pyp, Frits Deelman, en die heldedade van Wolraad Woltemade en Racheltjie de Beer.

Die stories is voorgelees deur bekendes soos Sandra Prinsloo, Cobus Rossouw en Verna Vels. Almal sal natuurlik die beroemde ‘pieng’-geluid onthou, wat aangedui het dat dit tyd is om die bladsy om te blaai. So het karakters soos Gobbolino die kat, Timmertak, Raponsie, Pinnochio en Besie ‘n baie spesiale en onuitwisbare plek in menige Afrikaanse kinderharte gevind.

Behalwe vir ‘n beperkte aantal boekies en CDs wat enkele jare gelede beskikbaar gemaak is, is die Storieman-reeks al vir ‘n geruime tyd uit druk.

Maar vir aanhangers is daar goeie nuus: Human&Rousseau (‘n druknaam van NB-Uitgewers), het in samewerking met Leon Rousseau, besluit om in 2012 ‘n heerlike omnibus van die gewildste Storieman-stories uit te gee! Die omnibus sal die oorspronklike illustrasies en klankopnames insluit – presies nes dit nog onthou word.

Hiervoor wil ons egter JOU hulp inroep!

NB-Uitgewers het JOU hulp nodig om die omnibusse saam te stel! Vertel vir hulle wat jou gunsteling Storieman-storie was en hoekom! Jy kan dalk die eerste gelukkige ontvanger wees van die splinternuwe Storieman-omnibus, wanneer dit in 2012 verskyn! Skryf jou voorstel op die muur van hierdie Facebook-bladsy en ‘hou van’ die bladsy. Jy kan NB-Uitgewers se NB-Storieman Facebook-bladsy dophou vir al die nuus en verdere inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

23 Kommentare

jongste oudste gewildste
Lirita van Tonder

Dit was die beste geskenk wat ek nog van my ouers ontvang het. Ek sal baie graag dit vir my eie kinders wil kry aangesien ek nie meer myne het nie en ek dit en my radio geskenk het aan minder bevoregte kinders toe ek hoerskool verlaat het. Ek het elke aand my radio met my kaset aan gesit en daarna geluister toe ek aan die slaap geraak het. Ek het lank na dat ek my rooi tassie weg gegee het nog baie na hom verlang maar het met tyd gewoond geraak sonder hom want ek het dit met n… Lees meer »

Tjokker Viljoen

Wanner is dit beskikbaar?
Waar sal mens dit kan kry?

Jan-Danie Malan

Klink wonderlik sal dit nie wil misloop. my gunsteling was van Hunks en sy pyp.

koot nel

Ek is opsoek na die nommers 25-30 en uitlatende boeke nommer 7,10,13,16 en 21 asseblief iemand help, nie net is die boeke bekend en ek wil dit versamel nie maar ek is mal oor die eg afrikaanse stories en lees dit altyd.Van Gobelinno die hekskat na Brolloks en Bittergalm

maryka Fouche

Ek is nou getroud en het nog nie kids nie, maar ek kani nie wag om storieman te bestel sodat ek dit reg het vir as die kinders eendag kom nie. ek onthou toe my ma dit nog bestel het toe ons kinders was, ons kon nie wag vir die bruin koevert met die boekie en die tape in nie. my ma het ongelukkig ons storieman vir al die nefies geleen en in die proses het als weg geraak! Een van my gunsteling stories wat ek nog tot vandag toe kan onthou, is van die dogtertjie en die reenboog! (ek… Lees meer »