Onder Water

deur Martie Preller

Verandering is goed vir ‘n mens. Of so sê almal. Maar vir Christien Visagie voel dit of haar lewe op die dorpie Bitterwater die afgelope tyd té veel verander het. Dis nie net haar lang hare wat sy laat afsny het nie… Haar hond, Brutus, is dood. En die vorige jaar was dit haar oupa en ouma en die motorongeluk. By die huis is daar vir seker iets fout. Haar pa en ma tree die afgelope paar weke baie vreemd op, maar hulle weier om te sê wat aangaan. Boonop kan sy nie meer met haar beste vriendin, Emily, oor alles gesels nie, want Emily het skielik net oë vir haar nuwe kêrel.

Al wat Christien deesdae beter laat voel, is haar e-posgesprekke met die geheimsinnige Jay. Hy klink so cool. En interessant. Hy stuur vir haar vreemde goed aan. Soms van sterre en die heelal. Soms van snaakse katte. Hy sê hy hou van sterre en katte en van Christien. Wie is hy en sal sy hom ooit ontmoet?

Maar dan maak haar eksentrieke ouma uit die bloute haar opwagting. En saam met haar bring sy ‘n tas vol geheime wat Christien se hele lewe vir ewig verander.

Sal haar familie dit regkry om brûe te bou oor die water wat hulle so lank al van mekaar skei?

In hierdie splinternuwe jeugroman uit die pen van Martie preller word temas soos eerste liefde en ingewikkelde familiegeheime op ‘n humoristiese, deernisvolle wyse verken.

Uitgewer: LAPA Uitgewers
Prys: R110-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.