Onkant

Nerine Ahlers

Kayla is moeg vir al die praatjies by die skool. Dit voel al asof dit op haar voorkop geskryf staan: Pa het werk verloor. Finansiële probleme. Moes huis verhuur. Woon nou in woonstel bokant die Spar.

En dan is daar die ding met Coach. Haar hokkieafrigter maak haar deesdae ongemaklik, met die manier hoe hy na haar kyk en die dinge wat hy sê. Maar sê nou niemand glo haar as sy vertel wat aan die gang is nie?

Boonop lyk dit of Emile, sexy, gewilde Emile wat haar altyd so goed laat voel het, skielik al hoe meer afsydig teenoor haar is.

Wat op aarde doen ‘n mens as dit voel of jy hele lewe besig is om uit te rafel?

Oor die outeur:
Nerine Ahlers woon in Pretoria saam met haar man en twee dogters. Sy skryf ook sketse, kortverhale en radiodramas. Sy is mal oor lees en skryf, vertaalwerk, stap en hou graag vakansie by die see en in die wildtuin saam met haar gesin. Sy is ook die medeskrywer van Liefde is… en die gewilde SSS-reeks wat insluit Selfone, skelms en sjokolade; Sms’e, skurke en spinnekoppe; Sepiesterre, sokkies en skobbejakke; Seesand, sonbrille en smokkelaars; Spoke, speurders en straatkafees en Skaduwees, skatte en skelmstreke.

Uitgewers: Lapa Uitgewers
Prys: R100-00*
*Prys onderhewig aan verandering

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.