Ons was daar

Saamgestel deur genl Jannie Geldenhuys

Hierdie boek vertel verskillende stories, maar bowenal ook geskiedenis, werklike geskiedenis. Hier is alles oor soldate, soos vertel deur soldate wat daar was. U sal almal teekom, ewekniee, leier en die wat volg – vegters en hul ondersteuners. Op die grond, in die lug, oral. Dis ʼn pronkuitgawe vir die troste navorser se privaatversameling en tog ook vir die pendelaar se aktetas. Die veteraan van toeka sal goeie herinneringe hier vind en u weer, dinge om te onthou. As ʼn hoofstuk u nie aanstaan nie, blaai gerus om na die volgende een – daar is baie. By die heel laaste blad sal u graag weer van voor wil begin. U sal liefde en oorlog raaklees – ook vrede en tragiese gebeure, waarheid en strategiese misleiding in die militêr en leuens en bedrog in die politiek.

Dit bring u baie onvertelde oorwinnings en ook tye van smart. Dit is vir beskeie mense wat trots is, nie vir die wat vol ‘hang-ups’ is nie. Aan die einde van die boek sal u alles weet wat u wou omtrent die Koue Oorlog-era in Suider-Afrika in die millitêre arena vanaf 1945 tot 2011, die bosoorlog en ook die ontrekking van die Sowjette en Kubane uit Angola; en in die politieke teater, oor die oplewing van kommunisme in Suid-Afrika.

“Generaal Jannie Geldenhuys neem in die boek ‘Ons was daar – Wenners van die oorlog om Suider-Afrika’ die geskiedenis van die Grensoorlog terug. Saam met ander generaals, offisiere en gewone troepe, word talle mites en propaganda-stories oor die oorlog weerlê. Die boek bring ook hulde en gee erkenning aan elkeen wat in die oorlog geveg het en laat die lig weer op die destydse Suid-Afrikaanse weermag se uitsonderlike millitêre vermoë val. Die 93 kort hoofstukke in die sowat 900 bladsye boek met 62 skrywers, wat almal daar was, is die mees omvattende boek wat nog oor die Grensoorlog verskyn het. Dit is ʼn monumentale werk wat in almal se huise hoort en wat die wonderlike werk van mense wat hulle land beskerm het, in ere herstel. As jy die boek klaar gelees het, verstaan jy waarom die SAW die oorlog gewen het.” – Dr Dirk Hermann, voorsitter Kraal-uitgewers.

Om ‘n uittreksel uit ‘Ons was daar’ te lees klik hier.

Uitgewer: Kraal Uitgewers
Prys: R350,00*
* Prys onderhewig aan verandering

Bestellings: [email protected]
Vir enige navrae: Kraal Uitgewers
012 880 1953

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.