Ontdek die diereryk

Antje Kleinelümern-Depping, Christina Langner, Ingrid Peia

Het jy geweet?

  • Molle kan agteruit kruip.
  •  Sebras runnik nie, hulle blaf.
  • ’n Blouwalvis se hart is so groot en swaar soos ’n klein voertuig.

Of ’n mens nou van reënwoude, grasvlaktes, ysvelde of jou eie agtertuin praat: die diereryk is ’n skatkis vol van verstommende feite en fassinerende besonderhede. In hierdie boek leer ken lesers streek vir streek die leefwêrelde van ’n paar van die interessantste en gewildste diere op die planeet. Diereliefhebbers vanaf vier jaar oud kan gereed maak vir ’n ongelooflike ontdekkingstog!

Die boek sluit in:

  •  Ongeveer 60 portretfoto’s wat die diereryk tot reg voor jou neus bring
  •  Meer as 350 dinamiese aksiefoto’s wat diere uit ongewone hoeke belig
  • Opsommende feiteblokkies gee al die belangrikste inligting oor elke dier, soos grootte, gewig, voeding en verspreiding
  • Geillustreerde karakters Anna die dierkundige en Hanno die natuurfotograaf verskyn op elke bladsy van die boek en maak dit ’n begeleide toer deur ’n kleurvolle wonderwêreld van diere.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R165-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.