Onthou! Kronieke van vroue- en kinderlyding, 1899-1902

Saamgestel deur AWG Raath (Universiteit van die Vrystaat) en Elria Wessels (Oorlogsmuseum van die Boererepublieke)

Onthou! bied die leser ʼn intense blik op die smartryke lyding van vroue en kinders in die Britse konsentrasiekampe gedurende die Anglo-Boereoorlog.

Die boek word amptelik op 31 Mei bekendgestel en bestaan uit drie prominente dele. In die proloog word die ontstaan van die Britte se verskroeideaarde-beleid, wat onder meer die oprigting van konsentrasiekampe ingesluit het, sowel as die rol van die Pro-Boere-beweging in Brittanje ondersoek. Dit word opgevolg deur 20 hoofstukke waarin onder meer die geannoteerde verhale van meer as 30 vroue wat self die kampe beleef het, vertel word. Die derde deel van die boek bevat ʼn insiggewende geskiedenis van die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein wat in 2013 reeds 100 jaar oud sal wees. Die monument ter herinnering aan die nagenoeg 27 000 Boerevroue en -kinders wat in die konsentrasiekampe oorlede is, is in Desember 1913 onthul.

Met meer as 200 foto’s, waarvan nagenoeg 80% nog nooit voorheen gepubliseer is nie, is Onthou! ʼn uitsonderlike versamelstuk. Dit is die vyfde boek in Kraal Uitgewers se Erwe van ons Vaad’re-reeks.

Uitgewers: Kraal
Prys: R520-00*
* Prys onderhewig aan verandering

Vir meer inligting of om jou bestelling te plaas:
– SMS: SMS “Onthou” na 34388 en ʼn Kraal-agent sal jou skakel. (SMS’e kos R2.)
– Faks: 086 593 2882 of 012 644 1824
– Tel: 012 644 4329
– E-pos: [email protected]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.