Onvertelde Stories van Afrikaans

Ilze Salzwedel

Wat op aarde kan ’n Georgiese prins en ’n tagtigjare Topnaar-oom uit die dorre Namibwoestyn met mekaar gemeen hê? Of ’n hedendaagse plaaswerker uit die Karoo met ’n Italiaanse sywurmboer van twee eeue gelede? En waar pas die riel, swart Afrikaners en Boesmans in? Om nie eens te praat van die Duitse weeskinders van 1948 nie. Of die tannies van Touwsranten in die berge naby Wildernis, en die Rehoboth Basters van die vlaktes van Namibië.

Al hierdie mense het heeltemal niks met mekaar gemeen nie. Behalwe natuurlik Afrikaans. Party is Afrikaans gebore, party moes Afrikaans word om te kan oorleef.

Met hierdie boek wil Ilse Salzwedel stukkies van die onvertelde geskiedenis van Afrikaans help bewaar. En wys dat Afrikaans ’n taal is waarin mense van alle kleure kan lag en huil, sing en dans, oorlog maak, vrede maak, oorleef en, veral, lééf.

Ilse Salzwedel se boek laat jou opnuut besef hoe dom dit is om in stereotipe wit-swart-terme oor Suid-Afrika se taal- en identiteitsprobleme te debatteer. Sy gee op haar ongekunstelde, deernisvolle manier ’n stem aan ’n wye verskeidenheid mense en groepe wat dikwels oor die hoof gesien word as Afrikaanse kultuurgoedere ter sprake kom – Hannelie Booyens, Huisgenoot

Klik hier en hier om twee uittreksels uit die boek te lees.

Oor die outeur:
Ilse Salzwedel is ’n joernalis van Johannesburg, en spog onder meer met ’n ATKVeertjie, ’n PICA, drie Caxton-toekennings en die HB Thom-toekenning vir besondere bydrae tot die Afrikaanse joernalistiek. Sy is ook die skrywer van twee ander nie-fiksie boeke: Seerowers, kameelkoppe en chillies vir tee (2011), en die baie gewilde Bloedsusters (2011), wat ook in Engels vertaal is.

Onvertelde Stories in Afrikaans is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek die webblad.

Uitgewer: Lapa
Prys: R160-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.