Op die spore van Retief: Die storie agter die Groot Trek Viertrek

retiefdeur Danie Langner

Die gedenkboek vertel met woord en beeld die storie agter die storie van die Viertrek Groot Trek. In 2012 het die FAK besluit om die Groot Trek se 175ste herdenking op ’n moderne wyse te vier deur die Groot Trek-verhaal deur middel van ’n vieruur-lange
dokumentêre reeks vir KykNET te verbeeld. Vyf-en-dertig Viertrekkers het met agt voertuie oor ’n afstand van 5000 kilometer Piet Retief se spore vanaf die Kaap tot Natal gevolg. Die Viertrek Groot Trek het kontinuïteit met die verlede gevind, maar ook eietyds betekenis geskep.

Uitgewer: FAK
Prys: R150-00*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Andries Beukes ·

Navraag: Is daar ‘n DVD beskikbaar oor die TV reeks: ‘Viertrek op die spoor van die Groot Trek’?
By voorbaat dankie.
Andries Beukes

R. Lategan ·

Wat ‘n fantastiese reeks en sal graag dit op DVD wil verkry vir my kinders in Switserland.
Hou so aan KykNet julle is wenners, ons is mos sterk en het die wil in ons gene, saam sal ons bly bestaan. Nogmaals geluk met julle uitbreiding en ophou van ons trotse Afrikaans kultuur, ons is baie trots op julle.
.
Groete uit Parys.

R. Lategan ·

My navraag vir ‘n DVD is ook omtrent die “Vertrek op die spoor van die Groot Trek” soos hierbo kommentaar gelewer> Groete weereens uit Parys

Johann Bröcker ·

Uitstekende dokumentêre program!

Die beste geskiedenisles wat ons nog ooit beleef het – ons kon onsself sodanig inleef dat dit gevoel het asof mens saam met Piet Retief die trek meemaak!

Hierdie herdenking is ‘n besondere huldeblyk aan daardie (Suid) Afrikaners!

Laat weet gerus wanneer dir DVD beskikbaar is.

Dankie

Reinhard ·

Hi daar almal,

Is daar dalk ñ website of plek waar ek kan gaan om uittevind waar al die “Boere” geskiedkundige plekke is???
Ek wil graag dit self gaan besoek saam my gesin.(Nou nie off road gaan soos Vier Trek nie)

Dankie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.