Oulik

deur Lida Dijkstra

Almal sê Tobie is oulik. Maar Tobie is moeg om oulik te wees. Hy wil sy beeld verander. Hy begin ’n moderne sonbril dra, maar dit lyk nie of dit werk nie. Hy sal ander maniere moet vind om soos ’n rowwe ou te lyk. Wanneer hy met sy motorfiets amper ’n ongeluk maak by die Sebra-oorgang, sien hy ’n meisie op wie hy dadelik verlief word. Sal sy nuwe beeld hierdie meisie beïndruk?

Oor die outeur:
Lida Dijkstra (1961) is ’n bekende skrywer van kinderboeke. Sy woon in Friesland, Nederland.

Oor die illustreerder:
Marije Tolman (1976) het grafiese ontwerp aan die Koninklijke Academie voor Beeldende Kunsten in Den Haag studeer. Sy is ’n wêreldberoemde illustreerder en bekend vir prenteboeke soos Het krijtje, Schattig, Een zusje uit een vliegtuig en Koe en Haas. Schattig is in 2008 deur die Kinder- en Jeugdjury Vlaanderen verkies tot die beste prenteboek van die jaar. Mejuffrou Muis en haar lieflike huis is in dieselfde jaar bekroon met ’n Vlag en Wimpel. De boomhut, ’n boek wat sy in 2009 vir haar pa geïllustreer het, ontvang die Ragazzi Toekenning en ’n Gouden Penseel in 2010.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R100-00*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.