Paasfees-oordenking: ‘Daar is hoop’

Argieffoto. (Foto: Pixabay)

Teen drie-uur het Jesus hard uitgeroep: ‘Eli, Eli, lemá sabagtani?’ Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat? (Matteus 27:46).

Ds. Johan Smith van VitaAmp, ʼn organisasie wat praktiese hulp vir gesinne, bedienende leiers en die jeug bied, sê in sy oordenking dat Paasfees ʼn besondere tyd van die jaar is.

Van Palmsondag tot Opstandingsondag. Een ding wat in hierdie tyd uitstaan, is die pad kruis toe en Jesus Christus wat wreed sterf aan die kruis – in my en jou plek. Wat ons moet onthou, is dat ʼn kruisdood wreed en vernederend is. Jy praat nie aan ʼn kruis nie, en tog praat Jesus aan die kruis. In sy vierde kruiswoorde vra Jesus: “My God, my God, waarom het U my verlaat?”

Hoe desperaat moes Jesus gewees het om dit vir sy Vader te sê? Deur watter pyn en lyding is Hy om dit te moes sê, voel en beleef.

Die afgelope jaar het baie van ons gevoel om hierdie woorde uit te roep, maar die goeie nuus is dat Paasfees gelukkig nie net oor die wrede kruisdood van Jesus gaan nie. Dit gaan ook oor Opstandingsondag. Die afwagting en pyn na die kruisiging gaan oor in triomf wanneer Jesus uit die dood opstaan.

Jesus se vierde kruiswoord “My God, my God, waarom het U my verlaat,” hoef nooit oor ons lippe te gaan nie. Die leë graf is ʼn teken en ʼn bewys van hoop vir jou en my. Jesus leef! Hy is altyd by ons.

Jou omstandighede bepaal nie wie God is nie. Die feit dat die graf leeg is, gee vir jou en my  ʼn identiteit. Dit maak ons hoopvol vir die toekoms ten spyte van moeilike, uitdagende en seer omstandighede.

  • Johan Smith is die samesteller van Die Familiebybel wat pas by Lux Verbi verskyn het. Dit bevat die volledige Bybel (2020-Afrikaanse vertaling) met bykomende materiaal deur Smith wat spesiaal gemik is op gesinne. Lees meer hier.
  • Die video en boodskap word in samewerking met Lux Verbi en die skrywer aangebied.

Vier dit in jou gesin en vertel vir die wêreld van die blye nuus dat Jesus die kruis en ewige dood oorwin het. Kyk sommer saam na Johan Smith se spesiale Paasfees-oordenking:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Here dat die lee graf ons troos is…U het waarlik opgestaan en U kom weer…Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.