Paasfees-oordenking: ‘Hy het die wêreld oorwin’

(Foto: Yannick Pulver/Unsplash)

Wat ʼn voorreg is dit om, ten spyte daarvan dat ons Paasfees vir ʼn tweede keer in grendeltyd vier, te weet dat Jesus, ons Here en Verlosser, vir ons die pad vooruit stap.

In Ivor Swartz, predikant en skrywer van Die verlore seun vannie Gaatjie, se Paasfees-oordenking bring hy ʼn boodskap van bemoediging, veral vir dié wat voel of God hulle verlaat het.

Baie mense het hul werk verloor, sukkel om kos op die tafel te sit, sommige mense moes werknemers afdank, ouers het groot besluite ter wille van hul kinders se lewe geneem en dan is daar nog uitdagings soos beurtkrag wat hanteer moet word.

Ivor Swartz (Foto: Verskaf)

So, daar is ʼn klomp dinge in jou persoonlike lewe wat jou kan laat voel dit is onmoontlik dat daar ʼn God kan wees. Hoe maak Paasfees dan sin? Hoe kan ons sê dat Jesus gekruisig is en dat die kruisdood lewe vir my en jou bring? Dit maak nie sin nie.

Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin. (Johannes 16:33)

Dié teksvers uit Johannes beteken twee goed: Daar is ʼn waarborg dat swaarkry, pyn, lyding en moeilike tye deel van die samelewing is, maar daar is ook ʼn belofte in die teks.

Die belofte is dat God klaar die wêreld oorwin het. Ons moet nie vashou aan die swaarkry in die lewe nie, maar aan die belofte dat God die wêreld oorwin het.

  • Die verlore seun vannie Gaatjie is deur Lux Verbi, ʼn druknaam van NB-Uitgewers, uitgegee. Luister hier na ʼn onderhoud met Ivor Swartz op Maroela Media.
  • Die video en boodskap word in samewerking met Lux Verbi en die skrywer aangebied.

Kyk hier na Ivor Swartz se Paasfees-oordenking:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.