Paasfees-oordenking: ‘ʼn Goeie dag vir geloofsvrae’

Argieffoto. (Foto: Pixabay)

Op dié dag, “Stil Saterdag”, is dit miskien goed om ʼn paar geloofsvrae te vra, meen Rudi Swanepoel, predikant en skrywer van Kom sit aan.

Daarom moes Hy in elke opsig gelyk word aan sy broers, sodat Hy ʼn barmhartige en getroue Hoëpriester kon word, om as offer te dien tot versoening van die volk se sondes. Want omdat Hy self gely het toe Hy versoek is, is Hy in staat om dié wat versoek word, te help. (Hebreërs 2:17-18)

ʼn Jaar later vier ons wéér Paasfees, en dit is die tweede jaar dat ons dit in afsondering doen. Dalk sit jy met meer vrae as antwoorde: oor die lewe, die werklikheid, die wêreld of wat presies aangaan. Wanneer ons as gelowiges besig is om vrae te vra beteken dit ons is in goeie geselskap.

Rudi Swanepoel (Foto: Verskaf)

Gister, op Goeie Vrydag, sou baie van ons waarskynlik ʼn erediens bygewoon het of dalk na ʼn aanlyn preek geluister het waar iemand gelees het hoe Jesus aan die kruis gevra het: “My God, my God, waarom het U my verlaat?”

Dalk resoneer hierdie vraag nou meer as ooit met jou en my.

Ons is geneig om God se teenwoordigheid te koppel aan voorspoed. As alles reg gaan, as alles glad verloop, is dit dikwels vir ons maklik om te glo.

Vandag, die dag tussen Goeie Vrydag en die Opstanding, is die dag waarop ek en jy vra: “Waarom, Here, lyk en voel dit asof U my verlaat het?” As ons dié vraag vra, is ons in goeie geselskap: die geselskap van die gekruisigde.

  • Kom sit aan is deur Lux Verbi, ʼn druknaam van NB-Uitgewers, uitgegee. Lees meer oor die boek hier op Maroela Media. Jy kan ook na ʼn onderhoud met Rudi Swanepoel luister en sy lasagneresep wat in Kom sit aan verskyn, op die proef stel.
  • Die video en boodskap word in samewerking met Lux Verbi en die skrywer aangebied.

Kyk hier na Rudi Swanepoel se Paasfees-boodskap:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Here dankie dat ongeag wat rondom ons gebeur U altyd in beheer is…U Het waarlik opgestaan…Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.