deur Francois Bloemhof, Ivan Botha, Donnalee Roberts
Iets anders! Francois Bloemhof slaan ʼn nuwe rigting in met ʼn roman gebaseer op ʼn draaiboek deur die bekende akteurs Ivan Botha en Donnalee Roberts. Hulle speel in die gelyknamige rolprent en dié pad van liefde het meer as net ʼn paar kinkels en draaie. Basson is ʼn gewaande jong man wie se pa aan hom ʼn lys uitdagende opdragte bemaak as hy die familiebesigheid wil oorneem. Hy het boonop min tyd. Wanneer Basson ʼn sorgvrye meisie met haar eie lys onafgehandelde sake ontmoet, gaan sy dinge vir hom makliker of moeiliker maak? Kom vind die antwoord – en jou ware noord.
Oor die skrywers:
Francois Bloemhof is die enigste skrywer te wêreld wat uitgebreid en suksesvol vir die volwasse, tiener- en jeugmarkte skryf. Hy is meermalig in elke kategorie bekroon, ingesluit met die De Kat-prys vir sy debuutroman, Die nag het net een oog. Francois is ʼn vryskut-taalpraktisyn, -kopieskrywer, -resensent, -joernalis en -samesteller.
Die akteurs en vervaardigers Ivan Botha en Donnalee Roberts is veral nou bekend vir hul rolle in die televisiesepie 7de laan. Albei is medeskrywers en vervaardigers van die rolprent Pad na jou hart wat op 14 Februarie 2014 vrygestel word. Ivan en Donnalee is ook ambassadeurs vir die kinderliefdadigheidsorganisasie Help-net.
Uitgewer: Jasmyn
Prys: R190-00*
*prys onderhewig aan verandering