Pierre se Paasfeesboodskap: ‘Maak die tafels groter’

“Jesus het nie gekom om iets nuuts te begin nie, maar om iets radikaals te hervestig. Jesus bring ons nie vorentoe nie, maar terug. Huis toe. Jesus draai dinge om, nie onderstebo nie, maar regop. Die wortels is eintlik in die hemel,” sê Du Plessis.

Wanneer ons na Jesus se lering en stories in die konteks van sy tyd kyk, onthul dit ’n ongemaklike, maar lewegewende perspektief.

Du Plessis, ook die skrywer van Jesus ruik na mirre en stof, takel Jesus se woorde “die koninkryk van die hemel is hier” in terme van Jesus se gelykenisse en stellings. Jesus verwys na God se koninkryk, hierdie koninkryk wat alles op sy kop kom draai het, wat anders werk as wat ons dink. Dit is hier waar ons ons menslikheid herontdek.

Oor die skrywer

Du Plessis is die stigter van 3rd place, ’n kerk en geloofsgemeenskap in Pretoria, maar is deesdae een van die leraars by InVia-gemeente. Hy het in die advertensiewese en modebedryf gewerk, en dra by tot verskeie blogs. Sy praatjies oor kreatiwiteit en hoe om te leef en te werk in ’n vinnig veranderende wêreld is gewild.

Uitgewer: Lux Verbi
Prys: R225,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek en e-boek by NB-Uitgewers

Du Plessis se Paasfeesboodskap moedig kinders van God aan om die tafels groter te maak en nie die mure hoër te bou nie. Kyk hier na sy boodskap:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.