Pik Botha en sy tyd

Theresa Papenfus

‘n Biografie oor Pik Botha, een van Suid-Afrika se kleurrykste figure, en in sy tyd die langsdienende Minister van Buitelandse Sake ter wêreld.

Reeds in antieke Griekeland is lewensverhale as belangrik geag…Met die uitgangspunt dat sulke werk die mendom se geheue is, en iets agterlaat wat duursaam, rigtinggewend en waardevol is. Thomas Carlyle (1795-1881) se boek On Heroes, Hero Worship en die Heroic in History skets dié soort duursaamheid. Soos mens dit byvoorbeeld teëkom in Giovanni Boccacio (1313-1375) se lewensbeskrywing van die digter Dante; in N.P. van Wyk Louw se “lewensverhaal” deur J.C. Steyn; in Stephen Gray se biografie van Herman Charles Bosman (Life Sentence); in Nelson Mandela se outobiobrafie ( A Long Walk to Freedom); moeder Teresa se biografie deur Kathryn Spink; in Phillip Tobias se outobiografie (Into the Past, a Memoir) ; en in Theresa Papenfus se biografie van Pik Botha (Pik Botha en sy tyd).
– Wilhelm Jordaan, Beeld

Hierdie biografie lees soos ‘n roman: spannend, ontroerend en humoristies.
… En dit is veel meer. Theresa Papenfus plaas Botha teen die groter politieke en sosiale agtergrond van sy tyd. Sodoende word dit ook die geskiedenis van ‘n stormagtige tydperk in Suid-Afrika.
Daar is nuwe feite oor byvoorbeeld die rampsoedige vlug waarin Samora Machel omgekom het. Die navorsing dek ‘n gedugte aantal bronne, waaronder persoonlike onderhoude of briefwisseling met gesaghebbende en vooraanstaande Suid-Afrikaanse en internasionale figure. En dan is daar Pik Botha se verse, persoonlike dokumentasie en die talle onderhoude met dié hoofkarakter.
Waardevol. Deeglik. Boeiend.
– Jeanette Ferreira, redakteur, resensent, skrywer

History owes her a favour for writing this book…. I enjoyed it immensely.
– Peter Sullivan, voorheen redakteur van The Star en groepshoofredakteur, Independent Newspapers, SA

…‘n gesaghebbende bron van inligting … wat nooit geïgnoreer sal kan word nie…‘n werk wat van groot navorsing en kennis spreek, van ‘n fyn aanvoeling sonder soetsappigheid of verdoeseling.
– Marinus Wiechers, Staats- en Volkeregkundige en oudrektor, Unisa.

A page-turner … certainly one of the most fascinating biographies written by a South African writer concerning a South African politician, and can be highly recommended.
– Cyrus Smith, Pretoria News

Dit is ‘n groot kuns om van die kontemporêre politiek boeiende leesstof te maak … Theresa Papenfus met haar Pik Botha het uitstekend daarin geslaag … ‘n Ideale Kersgeskenk, vir diegene met ‘n passie vir die politiek en geskiedenis, maar ook vir baie meer.
– Hermann Giliomee, Die Burger.

The book, which is well-written and carefully edited, is without question a tour de force about the life, work and legacy of Pik Botha, and in the final instance an authoritative source of information … Papenfus succeeds in her attempt to write authoritatively and comprehensively on Pik Botha and his times. She highlights and reveals more than one side to the man Pik Botha, but does so in a sensitive manner without any obfuscation or sentimentality. The book is highly recommended for those with a passion for or interest in contemporary South African politics and history.
– Theo Neethling, Journal for Contemporary History

Lees ‘n uittreksel uit Praat van die duiwel uit Pik Botha en sy tyd.

Op soek na Pik Botha – Lees Theresa Papenfus se bydrae tot Dié Groot Debat.

Uitgewer: Litera Uitgewers
Prys: R395.00*
* Prys onderhewig aan verandering

Bestellings: On the Dot Distribution
[email protected]

Tel: 021 9188500
Faks: 021 9188815

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.