Plein en Simpel – ’n Duiwestorie

deur Marius Ackermann

Hulle is so deel van enige stadsplein soos toeriste met kameras en statige standbeelde van volkshelde: duiwe in elke skakering van grys. Pretoria se Kerkplein is geen uitsondering – hoewel die duiwe wat elke oggend op Oom Paul se kop en skouers vergader, nie gewone kossoekers of verveelde sonbaaiers nie. Kerkplein se duifbevolking is ’n groep besorgdes wat bereid is om tot die laaste penveer vir Kerkplein as duiftuiste te veg.

Wanneer die prokureursfirma Plein & Simpel vorendag kom met planne om Kerkplein se historiese Wesfasade in ’n parkeerterrein te omskep, en daar terselfdertyd uit bewaringskringe stemme opklink dat duiwe-excreta die historiese geboue beskadig, word die Duiwerepubliek van alle kante bedreig. Skielik lyk indringer-mynas na die minste van hulle probleme – en moet die lede van KOER (Ken Ons Eie Roeping) kragte saamsnoer om die metroraad, die media en moderniseerders hok te slaan.

Oor die outeur:
Marius Ackermann, wie se skryfwerk gekenmerk word deur ’n vlymskerp humorsin en ’n sonderlinge vermoë om tipies-menslike swakhede waar te neem, praktiseer as advokaat en lid van die Balie in Pretoria. Dis waarskynlik sy voormalige posisie as regsadviseur in die Staatsdiens wat hom die beste geleentheid gebied het om die politieke toneel en politieke akteurs van naby te beskou – en wat as slypsteen vir sy satiriese oog en inspirasie vir werk soos Raadslid Hamersma (2009) en Grootraad Makedaan (2008) gedien het.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R120-00*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.