deur leon van Nierop
Tristan Hansen word die engel van plesier genoem – ʼn man wat R15 000 per nag vra en die land se mees invloedryke en wêreldwyse vroue soveel plesier gee dat hulle terugkom vir meer. Maar wanneer een van sy kliënte haar eie lewe neem, verander die plesierengel in ʼn doodsengel, en bely sy kliënte die een na die nader wat agter toe deur gebeur het.
Maar waarom doen hy dit? Beslis nie vir die geld nie. ʼn Sielkundige, Erika Hamilton, ontmoet hom toevallig. Albei van hulle bied op beroepsvlak verligting van neurose, onvervuldheid en frustrasie – die een op akademiese wyse, die nader met lyflike plesier. Wat gebeur wanneer hulle ontmoet.
Plesierengel is ʼn nuwe, aangepaste weergawe van Van Nierop se 1998-blitsverkoper, maar dié slag kookwaterwarm, onbevange en onbevrees vertel. Soos dit regtig daagliks gebeur…
Het jy genoeg moed om dit te lees? Daar is tonele wat sensitiewe lesers dalk kan skok. Dit is Van Nierop soos jy hom nog nooit gelees het nie.
Oor die outeur:
Leon van Nierop is ʼn baie bekende radio-, televisie- en romanskrywer. Verder doseer hy rolprentwaardering aan WITS en die Tshwane Universiteit van Tegnologie en is ook bekend as rolprentresensent.
Uitgewer: Tafelberg
Prys: R210-00*
*prys onderhewig aan verandering