Poppekas

Deborah Steinmair

Poppekas is gewis een van die interessantste en onvoorspelbaarste novelles wat ek die afgelope tyd (in Afrikaans) gelees het… ’n Hoogs leesbare teks wat die argetipiese konvensies van die sogenaamde formuleliteratuur parodieer én verpulwer; bestaande grense uitdaag en tradisionele leesverwagtings ondermyn. ’n Aweregse speur-cum-liefdes-cum-wetenskapfiksie-cum-misdaadriller wat sigself nie te ernstig opneem nie.” – Thys Human

Wiesa is ’n sub in die nagkantoor van ’n dagblad. Sy kan nie versin nie. Sy skryf om by die waarheid uit te kom. Te veel vreemde en onheilspellende dinge gebeur en sy begin dagboek hou daarvan. Waar is Harm? Wat gaan aan in die boonste verdiepings van die mediatoring? Sy durf die korporatiewe reus kaalvuis aan en verruil haar woordeboek vir karate-kata’s, koes vir die koeëls en stoei met bestaanskwessies.

Oor die outeur:
Deborah Steinmair is vryskutjoernalis, resensent en skrywer. Sy debuteer in 2003 met ’n Engelse digbundel, A See-Through Suitcase (Genugtig! Uitgewers). In 2006 volg Jans Rautenbach se Memoirs, ook by Genugtig!, in 2008 die koffietafelboek Jo Roos, Sculptor, en in 2010 haar debuutroman, Marike se laaste dans (Human &Rousseau), wat gunstig deur resensente ontvang is. Die titel is bekroon met die Woordfees Woordtrofee vir beste debuutwerk, met die Jan Rabie-Rapportprys vir vernuwende prosa, en was ook op die kortlys vir die M-Net-prys.

Uitgewer: Lapa
Prys: R170-00*
* Prys onderhewig aan verandering

Poppekas is beskikbaar by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek die webblad: www.lapa.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.