Prima Tyd – Geniet jou lewe na 50

Helderberg Uitgewers het pas ‘n nuwe boek die lig laat sien, naamlik Prima Tyd – Geniet jou lewe na 50.

Die boek maak ‘n besonder positiewe bydrae tot mense se lewens en sal hulle help met ondermeer (afhangende van waar hulle tans verkeer met betrekking tot hul ouderdom) die volgende:
– Diegene wat nog onder 65 (50 tot 65 en selfs nog jonger as 50) word gehelp word om hulle self voor te berei en te beplan vir die prima tyd wat nader kom
– Die tweede groep wat reeds tot hul Aftrede (Prima Tyd) toegetree het, word gehelp word om hulle by hul aftrede (Prima Tyd) aan te pas ongeag die omstandighede wat dan aan die orde van die dag mag wees.

Die primêre boodskap in elk van die 10 hoofstukke is dat as jy jou lewe na 50 wil geniet, jy nie enigsins moet dink dat dit outomaties kom nie. Die outeur moedig dus lesers aan om nie enigsins op hul louere te rus wat dit betref nie maar om behoorlik te beplan en ook hulle planne tot uitvoer te bring.

Die meeste boeke oor die onderwerp fokus net op die finansiële aspekte van Prima Tyd.

In hierdie boek slaag die skrywer egter uitstekend daarin om ook op die ander aspekte van Prima Tyd beplanning te konsentreer. Hierdie boek lig al hierdie aspekte toe en gee ‘n aansienlike aantal riglyne vir vir die leser.
Die volgende aspekte in die boek behandel:
· Om by jou prima fase aan te pas
· Om jou vrye tyd gedurende jou prima tyd sinvol aan te wend
· Om na jou fisiese- en geestesgesondheid om te sien
· Jou finansiële beplanning en die voorsiening in finansiële behoeftes
· Om ‘n geskikte woonplek te vind
· Jou veiligheid en sekuriteit
· Boedel- en finansiële beplanning.

Die skrywer Johannes Jordaan is ‘n ervare skrywer, konsultant en spreker op die onderwerp en is ook skrywer van ‘n hele aantal verdere publikasies.
Die boek kos R150 (BTW en posgeld en verpakking ingesluit) en kan hier bestel word of by die skrywer direk: [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.