Prinses Pêrel en die koninkryk onder die see

Emma Thomson (vertaal deur Jaco Jacobs)

Pêrel is ‘n doodgewone meisie – maar sy het ‘n buitengewone geheim. Sy is ’n regte seeprinses! Pêrel duik na die bodem van die oseaan en verander in ‘n pragtige prinses. So begin ‘n skitterende avontuur om die hekke van die Koninkryk onder die See oop te maak. Die perfekte geskenk vir jong prinsesse!

Met opwip-dele en flappies.

*Waarskuwing! Nie geskik vir kinders onder 36 maande nie weens klein deeltjies. Gevaar van verstikking.

Oor die outeur:
Emma Thomson werk van ‘n ateljee af by die see in Whitstable. Sy het Grafiese Ontwerp by Middlesex Polytechnic studeer en vir 13 jaar in Londen gebly waar sy ‘n paar baie suksesvolle karakter handelsmerke, Fuzzy Teddy, Land Bunch en Felicity Wishes geskep. In 2000 het sy haar eie lisensiëring maatskappy van stapel gestuur. Emma se 137 gepubliseerde boeke is in 22 verskillende tale vertaal en het meer as 5 miljoen kopieë verkoop.  Emma is lief vir haar twee dogtertjies en om vriende raak te loop op onverwagte plekke.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R130-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.