Prinses Pippie verjaar

Mariska le Grange

Vandag is ‘n BAIE spesiale dag…dit is prinses Pippie se verjaarsdag! Prinses Pippie se beste maaitjie, Pokkels, het vir haar ‘n verassing. Maar dit lyk of iemand prinses Pippie se partytjie wil bederf. Waar is Pokkels se mantel heen? Wie het die hasie se hok oopgelos? Wat het van die verjaarsdagkoek geword? En hoekom is die springkasteel skielik pap? Prinses Pippie en Pokkels moet vinnig ‘n plan maak!

Op Oujaarsaand 2011 het klein Isabella (Pippie) Kruger ernstige brandwode opgedoen toe ‘n bottel vuuraanstekervloeistof ontplof het. Die dapper klein vegtertjie se storie het die hele land aangegryp. ‘n Gedeelte van die wins uit die verkoop van hierdie boek gaan aan die Isabella Pippie Kruger Gesiggie-fonds.

Uitgewer: LAPA Uitgewers
Prys: R40-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.