Rapport Blokraaiboek

Anina Roux

Die eerste versameling van Rapport se gewilde blokraaie wat in die Tydskrif bylaag verskyn. Hierdie 120 blokraaie is noukeurig uitgesoek en op datum gebring deur die gewilde blokraai-samesteller Anina Roux.

Hierdie kopkrappers beloof ure se genot.

Oor die outeur
Anina Roux, een van die bekendste en mees gerespekteerde opstellers van blokraaisels in Suid-Afrika, het dié keur uit Rapport se blokraaisels byeengebring. Sedert die sewentigerjare verskaf sy kopkrap-plesier aan derduisende lesers van ’n wye reeks Afrikaanse en Engelse publikasies in die land. Haar raaisels word hoog aangeskryf en as lid van ’n internasionale blokkiesraaiselforum bly sy op die hoogte van al die geldende reëls en verwikkelinge in die wêreld van raaisels.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R99,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.