Resepteboek: Huisgenoot Wenresepte 1

huisgenoot wenresepte

Annette Human

‘n Ou gunsteling wat herverpak word met nuwe foto’s en ontwerp.

Human & Rousseau word as uitgewers oorval deur versoeke vir die herdruk van Wenresepte 1 tot 3 en nou gee hulle gehoor! Vir die versamelaars van die Wenresepte-reeks is dit die gulde geleentheid om hulle versameling aan te vul.

Die ideale boek vir dié wat geregte soek wat goedkoop is en maklik vir enigiemand om te maak. Elke gereg is ook deeglik beproef in die Huisgenoot-toetskombuis en kom met hulle stempel van goedkeuring.

Die boek bevat meer as 100 resepte, insluitend opwindende ontbytgeregte, geurige vis- en vleisgeregte, warm en koue poedings en heerlike gebak soos brood, beskuit, koeke, terte en nog meer. Daar is ook daaglikse spyskaarte vir sewe weke en omskrywings van belangrike kookterme word gegee.

Oor die outeur:
Huisgenoot Wenresepte en Annette Human se ongelooflike suksesstorie – daar staan landwyd ver meer as ‘n miljoen van haar boeke op kosmakers se rakke – is daaraan te danke dat haar resepte maklik is om te maak, en keer op keer wérk.

Ander Annette Human-titels wat deur die jare verskyn het, is: Wenresepte 1, 2 en 3; Die beste van Huisgenoot se wenresepte; Geskenkresepte; Uitsoekresepte; Partytjies is pret; Basaarwenners; die agt titels in die TV-Tuiskombuis-reeks; Die beste van Tuiskombuis; Mikrogolfwenners 1 en 2; Mikrogolfwenneers – 200 beste resepte; Raakvatresepte; Kortpadkos; Spyskaarte vir elke seisoen; Huisgenoot Wenresepte-omnibus.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R285-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sidney Sidebottom ·

Ons het al die die boeke gehad maar in Okt 2011 is my vrou met Dementia gediagnoseer ons het twee die Hardeband het ek al drie gekoop en toe haar moeder oorlede is het sy 1 & 2 gekry. Maar het die enkele Nr 3 wat ons gehad het vir iemand gegee en wil weet of ek nog iewers n nr 3 kan te koop kry. Ek moet net keer of sy gee nie ons ook weg nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.