Resepteboek: Kokkedoor 2

kokkedoor 2

Errieda du Toit

Die tweede boek van die uiters gewilde realiteitstelevisiereeks Kokkedoor wat van April tot Junie 2014 op kykNET uitgesaai is.

Die doel van die reeks is “om die heel beste kokke in Suid-Afrika op te spoor, wat nie net kan kook met herinnering en nostalgie nie, maar ook hartskos só kan aanbied dat ons dit met trots die een-en-twintigste eeu wil indra en aanhou maak”.

Dié kookboek bevat die watertand-resepte van die reeks, en daar word al te lekker agter die skerms gekuier. Hierdie boek sluit ook die resepte van dei beoordelaars in, asook die respete van bekende kospersoonlikhede wat op die Kokkedoorstel ingeloer het. Leer die deelnemers en beoordelaars ken, en soek die groot kokkedoor in jou eie huis deur die resepte te herskep in jou kombuis.

Nostalgie het nog nooit so lekker geproe nie!

Oor die samesteller:
Errieda du Toit is ’n bekende in koskringe en een van die meesterbreine agter Kokkedoor. Errieda was van die begin af deel van die program, en het die verfilming van die reeks in Prins Albert meegemaak. Saam met die drie gewilde beoordelaars en onder leiding van Human & Rousseau, het Errieda die resepte gekies en aangepas vir die tuiskombuis. Sy het die fyn oog en geoefende oordeel van ’n koskenner en weet wat vereis word van ’n groot kokkedoor!
Errieda is ’n gesoute kosmens met ’n passie vir onthoukos. Sy het kooktegnieke – van die basiese tot die gevorderde – bemeester en meng tradisie met hope kreatiwiteit om nostalgiese resepte vir die toekoms te herskep. Haar vorige boeke sluit in die gewilde Huiskok glanskok. Sy het ’n program op RSG en skryf gereeld vir ’n reeks drukmedia sowel as aanlyn.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R265-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.