Riviereland

Karel Schoeman

In Riviereland lewer Karel Schoeman verslag van twee reise deur Nederland. In die eerste, korter deel skryf hy oor ’n besoek aan die stede Amsterdam, Rotterdam, Delft, Haarlem en Leiden as deel van uitgebreide navorsing oor die VOC-tydperk, maar besoek ook kleiner plekkies soos Meppel en Hattem wat bande met sy eie grootouers het. Die tweede deel handel oor ’n langer verblyf in die provinsie Gelderland, die mees landelike van die Nederlandse provinsies. Die reis het weer eens ten doel om navorsing te doen oor figure soos Jan van Riebeeck, Simon van der Stel en baron Van Reede van Oudtshoorn, asook die gewone werkslui wat in diens van die VOC was, soos die vryburger Jan van Herwerden en sy vrou Jannetje Boddijs.

Terselfdertyd word die skrywer voortdurend getref deur die skoonheid van die landskap in gebiede soos die Hoge Veluwe en die groot riviere die Ryn, die Maas en die IJssel wat deur die vlak land vloei. Die boeiende verslag van ’n verblyf in die buiteland word dus telkens verryk deur herinnerings aan en verbintenisse met die vroeë koloniale geskiedenis van Suid-Afrika en die skrywer se eie familiegeskiedenis.

Oor die outeur
Karel Schoeman is een van Suid-Afrika se produktiefste skrywers. Van hom het talle romans, novelles, dramatekste en historiese werke verskyn. Sy werk is reeds talle male bekroon, o.a. met die Hertzogprys en die Recht Malan-prys.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R250,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.