Roepman

Jan van Tonder

Hierdie gesins- en inisiasieroman speel af in ’n spoorwegkampgemeenskap in Durban in die sestigerjare. Die verteller is jong Timus, en saam met hom beleef ons sy inisiasie-prosesse in ’n grootmenswêreld, en sy waarnemings van die mense en lewe rondom hom. Timus is deel van ’n groot gesin wat dit nie breed het nie en waar die pa se beheptheid met die kerk ontstellende gevolge het. As jongste in die gesin is hy toegespin in sy eie droomwêreld en ook agter by sy portuurs oor die soet en duister dinge van die lewe. Hy het ’n sterk verbeelding en sy weergawe van insidente verleen ’n magies-realistiese gevoel aan die gebeure in die roman.

Die fyn waarneming van menswees, die patos en humor wat mekaar afwissel, die ménslikheid van hierdie roman – by tye brutaal-realisties, maar óók hartverwarmend – sal geen leser onaangeraak laat nie.

Oor die outeur
Jan van Tonder se kortverhaalbundel, Aandenking vir ’n vry man, en eerste roman, Is Sagie, is baie goed ontvang. Daarna is Die kind in 1989 bekroon met die ATKV-prys en was ook op die kortlys vir die M-Netprys in dieselfde jaar. Sy roman Roepman is wyd geloof deur resensente, was op verskeie kortlyste vir pryse en is ook in Nederlands vertaal. Die skrywer woon in Gordonsbaai.

Roepman is nou ’n rolprent en is vanaf Mei 2011 in teaters in Suid-Afrika vertoon. Die vervaardigers is De Jager Filmproduksies en The Film Factory, en die regisseur is Paul Eilers. Met akteurs Paul Loots, Deon Lotz, Rika Sennett, Andrew Thompson, John-Henry Opperman, Altus Theart, Ivan Botha, Lida Botha, Desire Manthey, Beate Olwagen, Neil Bennett, Eddie de Jager, Paul Luckhoff, Kholeka Dakada, Petro Wessels, Isabella Mostert, Andea Volschenk

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R165,00*
* Prys is onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.