Romanza-boek van die week: Die stadsjapie se moses

Die-stadsjapie-se-moses_low-res.jpg[promosie-artikel]

Dina Botha

Heléne vlug na haar grootouers se plaas waar sy hoop om nooit weer ʼn man te sien nie. Met die intrapslag loop sy haar egter in die aantreklike David Erlank vas en die vonke spat.

Oor die outeur:

Dina Botha is in Pretoria gebore en woon in Centurion. Sy het vier kinders, waarvan twee nog op skool is. Op skool het sy Ena Murray, Elmar Steyn en ander bekende romanskrywers se boeke verslind en gehoop om eendag self ʼn skrywer te word. Ná skool het sy egter haar droom om joernalis te word gebêre en ʼn IT-kwalifikasie behaal. Twintig jaar later het haar passie vir skryf weer opgevlam en sy het dié keer die moed gehad om haar droom met mag en mening na te jaag. Sy het in 2014 haar werk bedank en is nou voltyds ʼn skrywer.

Romanza-klub

Romanza gee maandeliks vier romanses uit. Word meegevoer deur die liefde! Sluit aan by Romanza-klub:

  • Jy kry 2 Romanza’s teen slegs R100 per maand
  • ʼn Gratis sesmaande-subskripsie vir Rooi Rose
  • 30% afslag op alle LAPA-boeke

Help soek na die volgende Romanza Ridder

LAPA Uitgewers het ʼn soektog van stapel gestuur om ʼn ridder te vind. ʼn Moderne ridder, bygesê. Hierdie ridder het ʼn hart van goud, maagspiere van staal en kan enige vrou laat swymel met sy voorkoms en persoonlikheid.

Mense word uitgenooi om mans wat aan hierdie beskrywing voldoen, as die Romanza Ridder te nomineer. (Mans kan natuurlik hulself ook nomineer!) Daar is groot pryse op die spel wat R15 000 insluit vir die galante heer wat met die titel wegstap.

Nomineer jou ridder by www.romanzaridder.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

charmaine ·

Oeeeee ek love my Romanza boekies ek kan beslis die klub aanbeveel. En Dina Botha is een van my baie gunsteling skrywers!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.