[promosie-artikel]
Joléne de Koningh
Marna besluit om haar nuwe buurman, Braam, ’n les te leer. Sy wat boerin is, staan terug vir niemand nie … maar toe sy hom die eerste keer sien, weet sy hier is moeilikheid, want haar hart roep na syne.
Oor die skrywer:
Joléne de Koningh het die afgelope vier jaar in Mafikeng gewoon, waar haar man aan die Noordwes-universiteit gedoseer het. Wat ’n verrykende ervaring! Sy is nou terug in Pretoria en as alles eers op hul plek is, sal die sleutelbord weer volstoom klik. Haar man is haar klankbord en haar kinders haar eerlike kritici. As ’n storie in ’n drif vasval, kerf sy dinge uit hout – eende, visse, skilpaaie, uile, olifante, slange, krokodille en etniese beeldjies. Sy doen haar bes om fiks te bly, soms ’n verlore stryd as die storielyn dringend raak. Buiten skryf, is sy ’n kompulsiewe leser van al wat storie is. Sy skryf ook spanningsverhale, kortverhale, kinderverhale en historiese romans.
Vorige titels deur Joléne de Koningh:
- Perfek vir haar
- Kaalvoet ballerina
- Eenkantman
- Haar nuwe buurman
Romanza-klub
Romanza gee maandeliks vier romanses uit. Word meegevoer deur die liefde! Sluit aan by Romanza-klub:
- Jy kry 2 Romanza’s teen slegs R100 per maand
- ʼn Gratis sesmaande-intekening op Rooi Rose
- 30% afslag op alle LAPA-boeke
Help soek na die volgende Romanza Ridder
LAPA Uitgewers het ʼn soektog van stapel gestuur om ʼn ridder te vind. ʼn Moderne ridder, bygesê. Hierdie ridder het ʼn hart van goud, maagspiere van staal en kan enige vrou laat swymel met sy voorkoms en persoonlikheid.
Mense word uitgenooi om mans wat aan hierdie beskrywing voldoen as die Romanza Ridder te nomineer. (Mans kan natuurlik hulself ook nomineer!) Daar is groot pryse op die spel wat R15 000 insluit vir die galante heer wat met die titel wegstap.
Nomineer jou ridder by www.romanzaridder.co.za.