Romanza-boek van die week: Ná die winter 

Ná-die-winter_low-res.jpg[promosie-artikel]

Salomé Schutte

Milan verhuis van Bloemfontein na Standerlaagte om weg te kom ná ’n gebroke verhouding. ’n Gasteplaas in die middel van nêrens en ver weg van mans af, klink ideaal, maar sy het nie die aantreklike Niklaas Stander daar verwag nie.

Oor die skrywer:

Salomé Schutte het haar loopbaan as joernalis by ’n dagblad begin, waarna sy in die korporatiewe bedryf gewerk het. Sedert die geboorte van haar twee dogters, Somien en Klarine, werk sy deeltyds aan publikasies vir die landboubedryf. Sy en haar man, Gerhard, woon in die rustige Moot-omgewing in Pretoria. Hulle hou graag vakansie aan die Wildekus.

Vorige titels deur Salomé Schutte:

  • Die een vir my
  • Amper perfek
  • Alles vir jou
  • Iemand soos jy

Romanza-klub

Romanza gee maandeliks vier romanses uit. Word meegevoer deur die liefde! Sluit aan by die Romanza-klub:

  • Jy kry 2 Romanza’s teen slegs R100 per maand
  • ʼn Gratis sesmaande-intekening op Rooi Rose
  • 30% afslag op alle LAPA-boeke

Help soek na die volgende Romanza Ridder

LAPA Uitgewers het ʼn soektog van stapel gestuur om ʼn ridder te vind. ʼn Moderne ridder, bygesê. Hierdie ridder het ʼn hart van goud, maagspiere van staal en kan enige vrou laat swymel met sy voorkoms en persoonlikheid.

Mense word uitgenooi om mans wat aan hierdie beskrywing voldoen, as die Romanza Ridder te nomineer. (Mans kan natuurlik hulself ook nomineer!) Daar is groot pryse op die spel wat R15 000 insluit vir die galante heer wat met die titel wegstap.

Nomineer jou ridder by www.romanzaridder.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.