Romanza-boek van die week: Sy hart se lens

sy-hart-se-lens_low-res.jpg[promosie-artikel]

Zelda Mans

Deliah Brink moet ’n artikel skryf oor haar jeugliefde se verlowing aan ’n sepiester. Maar terwyl sy die verwerping van haar jeugliefde verwerk, maak fotograaf Frank Wells ’n blywende indruk op haar hart.

Oor die skrywer:

Zelda Mans is ’n Afrikaans-onderwyseres op Cradock in die Karoo, wat graag saam met vriendinne in koffiewinkels oor die liefde filosofeer. Sy het op Kroonstad in die Vrystaat grootgeword en is ’n ywerige leser. Haar familie is die belangrikste mense in haar lewe en sy gaan fliek graag saam met haar twee susters, Liezl en Lucia. Sy het ’n groot liefde vir geografie en droom daarvan om die wêreld vol te toer. As ewige romantikus moes sy noodgedwonge die oorvloed stories in haar kop neerpen. Sy skryf terwyl sy vir haar eie held wag.

Sy hart se lens is haar eerste romanse in die Romanza-reeks.

Romanza-klub

Romanza gee maandeliks vier romanses uit. Word meegevoer deur die liefde! Sluit aan by Romanza-klub. Jy kry:

  • 2 Romanza’s teen slegs R100 per maand
  • ʼn Gratis sesmaande-intekening op Rooi Rose
  • 30% afslag op alle LAPA-boeke

Help soek na die volgende Romanza Ridder

LAPA Uitgewers het ʼn soektog van stapel gestuur om ʼn ridder te vind. ʼn Moderne ridder, bygesê. Hierdie ridder het ʼn hart van goud, maagspiere van staal en kan enige vrou laat swymel met sy voorkoms en persoonlikheid.

Mense word genooi om mans wat aan hierdie beskrywing voldoen as die Romanza Ridder te nomineer. (Mans kan natuurlik hulself ook nomineer!) Daar is groot pryse op die spel wat R15 000 insluit vir die galante heer wat met die titel wegstap.

Nomineer jou ridder by www.romanzaridder.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.