Romanza-boek van die week: Teen haar beterwete

 Teen-haar-beterwete_low-res.jpg[promosie-artikel]

Marilé Cloete

Jossie Tredoux is ʼn dominee wat haar nie deur konvensies aan bande laat lê nie. Die streng nuwe skoolhoof se manier van doen bots met haar spontane benadering. Maar hy het ʼn swak plek: sy seuntjie Denzil, die appel van sy oog.

Oor die outeur:

Marilé Cloete is die skrywersnaam wat Alta Cloete gebruik wanneer sy haar hand aan ʼn romanse waag. Sy is ʼn plaaskind van die Roggeveld wat in die Boland kom wortel skiet het. Daar deel sy haar lewe met haar eie held, ʼn sagmoedige Duitse herdershond, twee eiesinnige gemmerkatte en ʼn paar handmak voëls. Wanneer sy nie skryf nie, probeer sy lees en spesifiek Afrikaanse boeke op sosiale media bevorder. Sy verlang ook na haar twee seuns wat in Noorweë werk. Sy is ʼn ongeneeslike romantikus wat onwrikbaar in die liefde glo. Sy beskou lees as die enigste heilsame vorm van verslawing – dit maak nie vet of dronk nie, takel nie jou liggaam af nie en gee jou ʼn eie binnelewe wat niemand van jou kan wegneem nie.

Vorige titels deur Marilé Cloete:

  • Eindelik liefde
  • Haar grootste geskenk
  • Waar sy hoort
  • Sy mooiste woorde

Vorige liefdesromans onder die naam Alta Cloete:

  • Opdrag van oorkant
  • Seisoen van lig en donker
  • Seisoen van vervulling
  • Seisoen van vergifnis

Romanza-klub

Romanza gee maandeliks vier romanses uit. Word meegevoer deur die liefde! Sluit aan by Romanza-klub:

  • Jy kry 2 Romanza’s teen slegs R100 per maand
  • ʼn Gratis sesmaande-subskripsie vir Rooi Rose
  • 30% afslag op alle LAPA-boeke

Help soek na die volgende Romanza Ridder

LAPA Uitgewers het ʼn soektog van stapel gestuur om ʼn ridder te vind. ʼn Moderne ridder, bygesê. Hierdie ridder het ʼn hart van goud, maagspiere van staal en kan enige vrou laat swymel met sy voorkoms en persoonlikheid.

Inskrywings vir die Romanza Ridder-kompetisie is nou gesluit. Hou egter die blad dop om uit te vind wie die finaliste is en om vir jou gunsteling te stem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.