Romanza-boek van die week: Van altyd af

Van-altyd-af_low-res.jpg[promosie-artikel]

Karen de Villiers

Lindie en Adam het langs mekaar grootgeword. Nou is hulle volwasse en woon in dieselfde huis. Hulle is soos broer en suster, maar ’n vakansie in Marokko verander alles. Sal Adam Lindie se hart kan verower?

Oor die outeur:

Karen de Villiers is gebore in Pietermaritzburg, maar bly die afgelope 21 jaar in Bloemfontein. Sy werk al 28 jaar in die staatsdiens. Sy is getroud en het twee kinders. Sy is baie lief vir lees en kamp. Op 12-jarige ouderdom het sy haar eerste roman gelees en kon sedertdien nie ophou lees nie.

Karen is ook die skrywer van Olie en vuur.

Romanza-klub

Romanza gee maandeliks vier romanses uit. Word meegevoer deur die liefde! Sluit aan by Romanza-klub:

  • Jy kry twee Romanza’s teen slegs R100 per maand
  • ʼn Gratis sesmaande-subskripsie vir Rooi Rose
  • 30% afslag op alle boeke uitgegee deur Lapa

Help soek na die volgende Romanza-ridder

Lapa-Uitgewers het ʼn soektog van stapel gestuur om ʼn ridder te vind. ʼn Moderne ridder, bygesê. Hierdie ridder het ʼn hart van goud, maagspiere van staal en kan enige vrou laat swymel met sy voorkoms en persoonlikheid.

Die ses finaliste van dié kompetisie is aangekondig. Wie gaan met die titel wegstap? Stem nou om jou gunsteling-Ridder te ondersteun. Jy het nog kans tot 26 Februarie om jou gunsteling te ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.