Rooi Jan Alleman

Francois Loots

Francois Loots se nuutste roman, Rooi Jan Alleman, is ‘n kreatiewe, fiktiewe weergawe van Afrikaner-kommunis en struggle-held Bram Fischer se lewe. Van kleins af word Bram oorval deur beelde en drome en sien hy spoke van Paul Kruger, Jopie Fourie asook die van Hendrik Biebouw, die eerste Afrikaner. Die leser word gedompel in Fischer se leef- en gedagtewêreld, in die spanninge en avonture van die jong radikaal. Saam met Fischer, gaan ‘n mens ondergronds. Na sy inhegtenisname, word Fischer geteister deur die demone van absolute eensaamheid. Maar wat deur alles bly staan, is sy ontwrikbare liefde teenoor sy vrou Molly.

Die boek is allermins geskiedskrywing in die vorm van ‘n roman, en bied ‘n impressionistiese, droomagtige en liriese beeld van Fischer en sy leefwêreld.

Oor die outeur

Francois Loots het naby Prieska in die Noord-Kaap grootgeword. Hy studeer Engels, Duits en Sielkunde aan die Universiteit van Kaapstad en Unisa en werk in die onderwys, landelike ontwikkeling en in die gedrukte media. Hy is die skrywer van drie romans: Nagvoëls, Lente in Beijing en Die jakkalsdans. Nadat hy in die buiteland woonagtig was, woon en werk hy tans in Kaapstad.

Uitgewer: Random house struik, Umuzi
Prys: R200-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.