Ruacana tot Rosh Pinah

Doc Immelman

In hierdie versameling vermaaklike rubrieke skryf Doc Immelman oor die wonderlike wêreld van kameeldorings, rooi duine, leeus, narras, mahangu, kampvure en biltong. Hy dink met heimwee terug aan die ou Suidwes, gee kosbare raad aan jagters, onthou sonderlinge karakters en besing die natuurskoon van Suidelike Afrika op treffende wyse. Aan humor skiet sy rubrieke nie tekort nie. Soos wanneer hy plaashekke dokumenteer en bevind dat die welbekende – en welgehate – konsertinahek, oftewel die smoelslaner, deur die duiwel geprakseer en deur Saddam Hoessein geïmplementeer is om die siele van goeie Christenmense te versondig.

Maar met baie dinge het Doc Immelman vrede. “Net solank die jagseisoen in die winter open en die kabeljou volgende naweek begin loop.”

Oor die outeur
Doc Immelman is ’n meesterstorieverteller, uit wie se pen reeds meer as 40 boeke verskyn het. Sy liefde vir Namibië (waar hy steeds woon) asook sy kennis van en liefde vir jag vind in byna al sy verhale neerslag – en sorg vir ’n tydlose soort ontspanningsliteratuur wat by ou aanhangers sowel as nuwe lesers sal aanklank vind.

Uitgewer: Protea Boekuis
Prys: R140,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.