Rugbymal: Stories uit die pawiljoene

Jaco Kirsten

Gesonde belangstelling of totale verslawing? Wat maak dat soveel Afrikaanse mans (én vroue) heeltemal rugbymal is? In dié boek verduidelik oud-Springbokke, rugbyjoernaliste en gewone ondersteuners waarom hulle so versot is op die spel. Sommige vertel van waardevolle lewenslesse wat hulle op én van die veld af geleer het, terwyl ander nostalgies raak oor onvergeetlike momente in Springbok-rugby. Alles word gedek: van raserige ma’s langs hoërskoolrugbyvelde tot die uitwerking op ’n man se selfbeeld as sy span alwéér verloor.

Van die stories sluit in:

• “Om Frik du Preez se handtekening te vra” deur Wynand Claassen (oud-Springbok)
• “Lesse van ‘n rugby-weduwee” deur Justine Krige (vrou van Springbok-kaptein Corné Krige)
• “Die slag van Tucumán” deur Louis de Villiers (Rapport-rugbyjoernalis)
• “Eéndag gaan ek Nuweland toe” deur Gert van der Westhuizen (Sportredakteur van Beeld)
• “Wat rugby my geleer het” deur Leon-Ben Lamprecht (Weg-joernalis)

Oor die outeur
Jaco Kirsten is op 21 Januarie 1969 in Pretoria gebore. Hy word groot in Windhoek, Volksrust, Newcastle, Durban en Kimberley. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Diamantveld in Kimberley. Na skool is hy weermag toe waar hy ’n valskermsoldaat word. Jaco studeer kommunikasiekunde aan die Potchefstroomse Universiteit. Hy het daarna wydlopende werkservaring opgedoen as brandweerman, veiligheidswag, reklameman, kopieskrywer en joernalis. Hy het veral bekendheid verwerf as skrywer van die “Van Alle Kante”-rubriek in Die Burger. Ná Die Burger gaan werk hy by Weg, TopMotor en was hy ook redakteur van TopBike-motorfietstydskrif. Hy en sy vrou, Annelize, woon in Sunset Beach naby Kaapstad.vIn 2008 verskyn ’n keur uit sy Die Burger-rubrieke, My kant van die saak. Hy debuteer in 2009 met sy eerste roman, Om na ’n wit plafon te staar.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R160,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.