Saartjie Omnibus 2

deur Bettie Naudé

In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voorgesit. In Saartjie se donkie besluit sy om vir die dorp se seuns te bewys sy kan beter as enige een van hulle donkie ry. In Saartjie se nuwe maat maak die Drie Muskiete kennis met die parmantige Gail Smith wat spog dat sy alles net so goed soos Saartjie kan. En is Saartjie se slim plan besluit Saartjie sy wil darem ook voel hoe dit is om ʼn modepop te wees. Die Drie Muskiete kry haar ma se grimering beet en dan klop Galpil aan die deur. Saartjie is seker sy gaan sy voete onder hom uitslaan, maar sy reaksie is nie wat sy verwag het nie.

Oor die outeur:
Bettie Naudé (die skrywersnaam van Topsy Smith) se karakter Saartjie is al jare lank gewild onder jong Afrikaanse lesers. Smith is een van die suksesvolste jeugboekskrywers in Afrikaans. Sy Trompie- en Saartjie-reekse het ʼn belangrike bydrae tot die Afrikaanse letterkunde gelewer en dit het jongmense baie jare lank lus en lief vir lees gemaak.

Uitgewer: Human & Rousseau
prys: R99-95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.