Samba

Jeanne Els

Samba is ‘n versameling van Jeanne Els se rubrieke wat oor die jare in koerante en tydskrifte verskyn het. Sy het al twee ander boeke uitgegee wat ook danstemas gehad het – Ligdans en Tango. In Samba neem sy die leser op wêreldreise en binnetogte, sy vertel hulle van plekke wat sy gesien het, ervarings wat sy gehad het en mense wat sy ontmoet het. Dis ‘n boek wat lesers sal wys dat ‘n mens kan dans te midde van teëspoed en ander dinge wat die lewe op ons pad bring.

Voorbeelde van hierdie rubrieke:

  • Ma se padkos
  • As “verlangse familie” slaapplek soek
  • Wanneer jy drome vlerke gee
  • Tango met die lewe
  • Soos David en Jonathan
  • Oral bly ‘n engel
  • As jy dink jy ken ‘n ander se lewensdraaie
  • Die voorreg van dankbaarheid
  • Om nie te twyfel nie

Oor die outeur:
Jeanne Els is ‘n joernalis, reis- en rubriekskrywer. Sy is ‘n gebore Paarliet, oud-Girlshaaier en -student en -dosent van die Universiteit Stellenbosch se Departement Joernalistiek. Sy was sewe jaar lank ‘n joernalis by Die Burger, daarna skrywer en subredakteur by Huisgenoot, ook Sarie se Moederskap-artikelredakteur en Leefstyl-redakteur. Deesdae, as vryskutjoernalis, is sy veral bekend vir tydskrifartikels oor haar wêreldreise en inspirerende mense.

Uitgewer: Lux Verbi
Prys: R129-95*
*Prys onderhewig aan verandering

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.